Oos-Kaapse klerewinkel beroof
2009-10-08 08:49
Johannesburg - Vier mans het ‘n klerewinkel in Willowvale beroof, en met 'n onbekende hoeveelheid geld weggekom.
Volgens kapt. Lingisile Magama het die vier mans, twee gewapen met ‘n pistool en met ‘n geweer, die klerewinkel Woensdag ingestorm en geld geëis.
“Hulle het die werkers in ‘n stoorkamer toegesluit en met die kontant gevlug,” het Magama gesê.
‘n Klag van roof word ondersoek.
- Sapa