Oos-Kaap-hospitaal sonder water
2011-01-05 22:24
Johannesburg – Water moes na ‘n hospitaal in Engcobo aangery word ná ‘n gebarste pyp ‘n waterskaarste by 'n Oos-Kaapse hospitaal veroorsaak het.
“Ons stuur watervoorraad na die hospitaal toe om seker te maak die hospitaal kan funksioneer,” het ‘n woordvoerder vir die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, gesê.
Die departement sal volgende week saam met die departement van openbare werke ‘n meer permanente oplossing soek.
Die waterstelsel is blykbaar heeltemal gehawend, wat sporadies ‘n watertekort tot gevolg het.
Intussen sal die onmiddellike probleem Donderdag herstel word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA