Oorsese dokters help Joost

2011-05-24 10:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse oudrugbyspeler Joost van der Westhuizen het Dinsdagaand 'n vergadering met 'n oorsese dokter oor stamselle.

"Ons wil kyk of daar nie 'n oplossing is nie, so ons probeer alles," het van der Westhuizen in 'n onderhoud op Jacaranda 94.2 gesê.

'n Voorlopige diagnose van motorneuronsiekte (MNS) is by Van der Westhuizen gemaak.

"Die eerste opinie wat gegee is,is dat daar nie 'n kuur is daarvoor nie, so ons hoop vir die tweede opinie. Ons wag vir die finale uitslae wat oor drie weke sal kom, want hulle het my op medikasie gesit om te kyk of dit werk."

Hy het gesê wat hom die hartseerste maak is die oordeel van mense.

"Mense is baie maklik om te oordeel. Dit is nie vir my om te wonder wat mense van my sê of wat mense van mekaar sê nie en ongelukkig is dit die hartseer kant.

"Baie mense sê dit is 'n bemarkingsfoefie, dan sê ek vir myself dit is 'n lewensgevaarlike siekte. Hoekom het ek bemarking nodig? Ek wil nie 'n CD verkoop of iets verkoop om geld te maak nie. Ek wil net my eie lewe lei en net 'n goeie pa wees vir my kinders terwyl ek kan. Ek lewe in vrede en gaan net vorentoe."

Van der Westhuizen het gesê intussen doen hy nog alles normaal.

"My regterarm is bietjie swak, ek praat bietjie stadiger en doen alles 'n bietjie stadiger, maar daar is nog hoop.

"Ek loop nog. Ek het Saterdag saam met my pa en broers probeer gholf gespeel. Dit het nie baie goed gegaan nie. Ek het verloor," het hy geskerts.

"Ek dink ek is verby die skok-stadium. Ek dink ek begin nou met die aanvaardingstadium en dit maak my sterk. Ek moet sê ons het alles baie stil probeer hou tot ek in die hospitaal kom toe het iemand die media gebel en dit is waar alles gebeur het. In 'n mate is ek bly dit het gebeur, want daar is soveel mense wat omgee... En dit hou mens positief."

Van der Westhuizen het Suid-Afrikaners gevra om aan te hou bid.

Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.