Oorsaak van treinongeluk nog onbekend
2010-09-11 22:12
Johannesburg – Die oorsaak van Vrydag se treinbotsing in Natalspruit aan die Oos-Rand waarin 48 mense beseer is, is steeds nie bekend nie, het Metrorail Saterdag gesê.
“Dit word nog ondersoek,” het Tu Dlamini, ‘n woordvoerder, gesê.
Die 48 passasiers wat tydens die voorval ligte beserings opgedoen het, is reeds uit die hospitaal ontslaan.
Die ongeluk het Vrydag omstreeks 11:35 gebeur toe ‘n passasierstrein van Vereeniging onderweg na Germiston teen ‘n goederetrein gebots het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA