Oorlog in Vrystaatse ANC-kamp

2012-02-07 09:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Burgeroorlog in die kleine het tussen ANC-ondersteuners op Thaba Nchu uitgebreek toe ’n groep van die party se eertydse gewapende vleuel Umkhonto weSizwe (MK) en ondersteuners van premier Ace Magashule mekaar getakel het.

Skote is afgevuur en ’n lid van die sogenaamde Magashule-groep is gewond toe hulle na bewering die MK-groep se vergadering met pangas, knopkieries en klippe opgebreek het.

Dié “skermutseling” het Saterdag in en buite die Barolong-saal plaasgevind op die dag waarop Volksblad berig het oor die MK-groep se “oorlogsverklaring” teen Magashule, die ANC se provinsiale voorsitter.

Konst. Consolation Mokoale, woordvoerder van die polisie, sê ’n groep van sowat 60 ANC-lede, almal na bewering ondersteuners van Magashule, het 42 mede-partylede wat ’n “politieke opvoedingsvegadering” bygewoon het, met pangas, knopkieries en klippe aangeval.

Ingeligtes op Thaba Nchu sê die sogenaamde MK-groep het erg deurgeloop omdat hulle ondersteuners is van die ideaal om Magashule in Junie as voorsitter uit die kussings te lig.

Betty Nzabeza, lid van die ANC se uitvoerende komitee in Motheo wat die vergadering bygewoon het, het aan Volksblad gesê Magashule het na bewering opdrag gegee dat ANC-lede hul gebiede moet beskerm en veg teen diegene wat ongemagtigde byeenkomste in takke hou.

“Dit is ’n opdrag van Magashule,” het sy Maandag gesê.

Volgens ooggetuies moes Mpho Ramakatsa, MK se leier in Motheo, vir sy lewe vlug.

Hy het die naweek die skerp bewoorde verklaring teen Magashule uitgereik waarin hy die ANC-voorsitter se leierskap gekritiseer het.

Mokoale sê in die onderonsie het Mzwandile Phupha na bewering ’n skoot afgevuur wat een van die ANC-aanvallers in die maag getref het nadat hy besef het dat hulle in gevaar is.

“Ek het geskiet omdat hulle van plan was om ons dood te maak,” het Phupha gister buite die Selosesha-landdroshof aan Volksblad gesê. ’n Klag van poging tot moord word teen hom ondersoek en hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Phupha het het gesê Paseka Nonpondo, ’n groot ondersteuner van Magashule en sekretaris van die ANC in Motheo, het glo die groep aanvallers na die MK-vergadering vervoer.

Die polisie ondersoek ook verskeie ander klagte van onder meer aanranding en poging tot moord teen mense ná die geveg.

Volksblad het Maandag herhaaldelik probeer om William Bulwane, die ANC se woordvoerder in die Vrystaat, te kontak, maar dit was sonder sukses.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: anc  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.