10 'polisielede' slaan toe op verkeerde huis

2010-06-09 06:42
Tweets Share Share line Print

Beeld

Sowat tien mans in polisie-uniforms en met R5-aanvalsgewere en dienswapens het die skuifdeur van ’n gesinshuis in Roodepoort gister kort ná middernag oopgebreek en daarop aangedring om die huis deur te soek.

Die huiseienaar, Marius Claassen (41), het op ’n lasbrief aangedring. “Toe sê hulle net: ‘Oooeeeee... dis dan die verkeerde huis’ en ry weg.”

Claassen, bestuurder van Ciao Baby Cucina, ’n re­staurant in die Clearwater-winkelsentrum, het gesê ’n lawaai buite sy huis in Florida het hom kort ná middernag wakker geruk.

’n Swart Volkswagen-mikrobus en ’n sedan met sowat tien polisielede het Claassen se erf op die hoek van Westlaan en The Highway bestorm.

“Hulle het aan die deur gehamer en geëis dat ek oopmaak.”

Terwyl Claassen die sleutel gesoek het, het die mans vermoedelik ongeduldig geraak en “dalk gedink iets word weggesteek”. Die volgende oomblik het hulle die skuifdeur se slot gebreek en die deur oopgeruk.

Hulle wou toe weet hoekom hy so lank neem om die deur oop te maak, het Claassen vertel.

“Ek het verduidelik hulle weet mos in watter omstandighede ons in die land leef...  Sou ’n redelike man nie ook versigtig gewees het om oop te maak nie?”

“’n Groot, vet man in siviele klere”, glo ’n bevelvoerder van ’n intelligensie-eenheid, het toe gesê hulle is besig om na “kriminele te soek” en het Claassen se adres in inligting ontvang.

Hulle wou volgens Claassen nie sê aan watter polisiekantoor hulle verbonde is of hul range of name gee nie.

’n Polisie-identiteitskaart of twee is wel voor hom rondgeswaai, maar hy kon nie in die donker sien of dit eg is nie.

“Hulle wou selfs weet of iemand bedags by die huis is. Wat het dit met hulle te doen?

“Eers het die ‘offisier’ grappies gemaak oor hoe ek nie moet worrie dat hul na my vrou se ‘golo’ (Zoeloe vir ’n vrou se geslagsdele) sal kyk nie.”
Claassen se vrou, Michelle (39), het die polisie se noodnommer, 10111, uit die slaapkamer gebel.

Hul kinders, Sabrina (12) en Joshua (7), was in hul kamers.

“Die polisie het nou nog nie opgedaag nie,” het Claassen gesê.

Toe die mans daarop aandring om die huis deur te soek, het Claassen op ’n lasbrief aangebring. Dis toe hulle blykbaar skielik besef het hulle is by die verkeerde huis.

Volgens Claassen het geeneen van hul voertuie nommerplate opgehad nie.

Sy dogter moes gister traumaberading kry weens die voorval.

Kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, woordvoerder van die Florida-polisiekantoor, het gister bevestig ’n noodoproep is kort ná middernag van mev. Claassen ontvang.

“Volgens aantekeninge is die klag omstreeks 00:08 van 10111 na die Florida-polisiekantoor verwys. ’n Polisiebeampte het teen 00:09 daarop gereageer.”

Die beampte wat volgens polisie-inligting in reaksie op die klag na die huis is, kon teen gistermiddag laat nie opgespoor word nie.

Die Florida-polisie het te kenne gegee dat ander eenhede soms in hul polisiëringsgebied werk.

Volg Beeld op Twitter
 

- Beeld

Lees meer oor: polisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Adoons sê... Hoe proe ek nou daai hoender op my tong. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Jobs - Find your dream job

Cars - Search 1000's of new and used cars

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.