Oom se haelgeweer klop skurk se plastiekpistool

2012-01-27 07:00
Tweets Share Share line Print

Nelspruit. – ’n 70-jarige pensioentrekker het ’n rower doodgeskiet toe dié hom met ’n plastiekpistool probeer beroof het.

Corrie Potgieter, wat op ’n plaas naby Karino, wes van Nelspruit, woon, het Donderdag omstreeks 07:30 gehoor sy tuinier, Fana Mashalela, praat met iemand buite die huis.

Hy het deur die kamervenster geloer en twee mans by Mashalela gesien staan. Hy het ’n 12 boor-haelgeweer uit die kluis gehaal en na die kamervenster gegaan.

Die mans was weg, maar hy het onraad vermoed omdat Mashalela op sy knieë op die stoep gestaan het.

Die volgende oomblik het een van die rowers van onder die vensterbank opgespring en ’n pistool op Potgieter gerig.

Potgieter het ’n skoot afgevuur en die rower in die gesig getref.

Die man is op slag dood.

By die polisie se aankoms is ’n plastiekpistool (BB gun) wat plastiekballetjies vuur, langs sy lyk gekry.

Volgens sers. Gerald ­Sedibe, polisiewoordvoerder, het Mashalela gesê daar was inderwaarheid drie rowers. Die ander twee het weggehardloop.

Die aanval was een van tientalle gewapende voorvalle die laaste paar weke op kleinhoewes rondom Nelspruit.

Die gebiede wat die ergste deurloop, is Karino, Hermansburg, Cairn, Cromdale, The Rest en Alkmaar, het Vernon Lancaster, hoofbestuurder van Hi Tech Sekuriteit in Nelspruit, gesê.  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  rooftogte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
173 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.