Ooievaar bring meer as 500 pienkvoete
2009-12-26 20:22
Johannesburg - Die departement van gesondheid sê meer as 500 babas is regoor Suid-Afrika oor die Kerstyd gebore.
Anzelle Smit, 'n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê 169 babas is in die Wes-Kaap gebore.
Sy het gesê die eerste van die 86 seuntjies en 86 meisies wat dié provinsie gebore is, is 'n meisie wat 00:49 Saterdagoggend in die Paarl-hospitaal gebore is.
Twee pare tweelinge is in Tygerberg-hospitaal gebore.
In KwaZulu-Natal is 140 babas gebore en Limpopo het 107 pasgebore babas in die wêreld verwelkom.
In Mpumalanga in 75 babas gebore, die Vrystaat 41, Gauteng 23 en die Oos-Kaap 21.
– Sapa