Onwettige skool by kerk in Jhb gesluit
2010-11-05 22:08
Johannesburg - Die Gautengse departement van onderwys het 'n onwettige skool by die Sentraal Metodiste Kerk in Johannesburg gesluit.
Die departement het bevind dat die omgewing nie leer bevorder nie, met volwassenes wat ook op die perseel woon.
Die kerk bied skuiling aan honderde daklose Zimbabwiërs.
Meer as twee honderd kinders, wat by die kerk skool gegaan het, gaan na 'n alternatiewe perseel verskuif word.
Die departement het die skool 'n jaar kans gegee om ten volle aan regulasies te voldoen.
- Volg Nuus24 op Twitter.