Onwettige sigarette gekonfiskeer
2011-05-27 20:58
Johannesburg – Die metropolisie in Johannesburg het sowat 600
bokse onwettige sigarette wat in ‘n pakhuis in die middestad gevind is,
gekonfiskeer.
“Offisiere in die area het op ‘n wenk
gereageer en ‘n man wat besig was om die bokse te pak, in die pakhuis betrap,”
het hoof superintendent Wayne Minnaar gesê.
Die pakhuis is in Eloff Straat.
Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie en
die waarde van die sigarette is nog nie bereken nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA