Onwettige niere maak Netcare glo ryker
2010-09-16 10:15
Durban – Netcare word daarvan beskuldig dat dié nooddiens munt geslaan het uit onwettige nieroorplantings wat tusssen 2001 en 2003 by die St. Augustine Hospitaal gedoen is, berig IOL News.
Na bewering is Netcare R22 miljoen ryker weens die hospitaal se onwettige bedrywighede.
Die hospitaal het blykbaar arm mense, meestal Brasilianers, betaal om hul niere aan Israeliese pasiënte te skenk.
Na bewering was Dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van Netcare, bewus van die hospitaal se aktiwiteite en het Netcare hul fasiliteite beskikbaar gestel vir die operasies.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.