‘Onwettige dobbelmiljoene moet terug’

2010-09-09 07:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Aanlyn-casino’s, asook die banke en adverteerders wat hulle ondersteun, sal dalk binnekort die “miljoene rande wat hulle onwettig uit Suid-Afrikaners maak” aan die staat of publiek moet teruggee.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede maand beslis dit is onwettig vir Gautengers om aanlyn te dobbel omdat daar nie ’n lisensie vir dié dobbelary in die provinsie is nie.

Die beslissing het gevolg op ’n aansoek van die maatskappy Casino Enterprises (CES), wat ingevolge Swazilandse wetgewing ’n internet-casino (Piggs Peak Casino) vanuit Swaziland bedryf, teen die Gautengse en die nasionale dobbelrade en die minister van handel en nywerheid.

CES wou daarmee bevele bekom wat verklaar dat wanneer Gautengse dobbelaars sy aanlyn-casino gebruik, die dobbelary wettiglik in Swaziland plaasvind en nie in Gauteng nie.

Vrydag is ’n aansoek om verlof tot appèl teen dié beslissing egter aan die maatskappy toegestaan.

Minstens 30 aanlyn-casino’s, wat in die buiteland gebaseer is, het hul dobbelwebblaaie weens die aanvanklike beslissing vir Suid-Afrikaners gesluit, maar dit sedertdien, glo op regsadvies, heropen hangende die appèlsaak.

Edward Lalumbe, operasionele bestuurder van die Gautengse dobbelraad, het egter gister gewaarsku dat die casino’s, internetdiensverskaffers, adverteerders én finansiële transaksieverskaffers soos banke ’n “reuse-risiko” loop deur intussen met dobbelbedrywighede voort te gaan.

Volgens Lalumbe wil die dobbelraad die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad gebruik om aan te voer dat alle winste en/of die bates wat met dié winste aangekoop is, verbeur moet word.

“Dié geld of bates wat op die onwettige wyse gemaak is deur die casino’s en almal wat hulle ondersteun, sal dan aan die staat, of dalk selfs die publiek, teruggegee moet word.”

CES voer aan die eintlike transaksie vind nie in Suid-Afrika plaas nie, dus is plaaslike wetgewing wat bepaal dat aanlyn-casino’s geregistreer moet wees sodat regulering kan plaasvind, nie op hulle van toepassing nie.

Die raad meen egter daar is drie aspekte van aanlyn-dobbelary verbonde, naamlik die dobbelaar se besluit op die soort speletjie en grootte van die weddenskap, die proses van die transaksie op die webbediener en die kommunikasieproses wat die uitslag van die weddenskap aandui.

“Minstens twee van dié aspekte gebeur in Suid-Afrika. Dus moet aanlyn-casino’s hier geregistreer wees en totdat dít gebeur, is hul aktiwiteite onwettig.”

Iemand wat aan onwettige aanlyn-dobbelaktiwiteite skuldig bevind word, kan ’n boete van tot R10?miljoen of tien jaar tronkstraf of albei kry.

Volgens Lalumbe gaan die dobbelraad die appèl met alle mag betwis.

“Dit is onregverdig dat buitelandse aanlyn-casino’s miljoene rande uit Suid-Afrikaners maak. Navorsing toon dat 2% van dobbelaars wêreldwyd probleme ontwikkel wat tot verslawing of selfs selfmoord lei.

“Ons moet na die publiek se regte omsien.”

- Volksblad

Lees meer oor: suid-afrika  |  dobbel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.