Onwettig ry dán nie gestraf

2010-02-09 13:54
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die minister van vervoer het te velde getrek teen ’n landdros wat sê ’n leerlingbestuurder wat in die hof kan bewys hy het onwettig bestuur omdat hy ná talle pogings nie ’n afspraak vir sy rybewystoets kon kry nie, sal waarskynlik skotvry daarvan afkom.

S’bu Ndebele het Maandag in ’n verklaring gesê adv. Daniel Thulare, hooflanddros van die Daveyton-landdroshof naby Benoni, verdedig wetteloosheid.

“Ek sê nié ‘gaan bestuur met jou leerlingrybewys nie’,” het Thulare gister aan Beeld beklemtoon.

Thulare reken iemand wat in die hof verskyn en kan bewys dit was vir hom onmoontlik om sy rybewys te kry, sal waarskynlik onskuldig bevind word.

So iemand sal moet bewys hy het die nodige stappe gedoen, soos om afsprake te probeer maak. Hy sou moes rekord hou van wanneer hy afsprake gemaak het, hoe lank hy aangehou het elke keer wanneer hy die oproepsentrum gebel het ensovoorts, het Thulare bygevoeg.

“Geen redelike mens (landdros) sal nie verstaan nie.”

Volgens Thulare moet die staat mense die nodige hulpbronne bied om hul rybewys-toetse af te lê.

Hy het gesê ’n man wat al vier keer ’n leerlingrybewys gehad het en nie ’n afspraak kon kry nie, het hom genader. “En hy is nie die enigste ou nie.”

Prof. Marinus Wiechers, oudregsdosent aan Unisa, stem nie saam met Thulare nie. Sou die hof iemand wat met net ’n leerlingrybewys bestuur het, onskuldig bevind, neem die hof aan dat die beskuldigde die rybewystoets sou geslaag het indien hy dit afgelê het, reken Wiechers.

“Die hof kan dit nie doen nie. Hy is nie ’n rybewystoetsterrein nie.”

Volgens Wiechers kan die landdros iemand wel skuldig bevind, maar ’n gesukkel om ’n afspraak te kry as versagtende omstandighede beskou en die onwettige bestuurder nie beboet nie.

Ndebele het gesê ’n leerlingbestuurder sal in die geval van ’n botsing daarvan aangekla word dat hy nie ’n rybewys het nie en ’n siviele eis kan teen hom ingestel word.

“’n Ongelisensieerde bestuurder bedreig nie net sy/haar eie veiligheid nie, maar ook ander padgebruikers se veiligheid.”

Logan Maistry, Ndebele se woordvoerder, het gesê die departement is bekommerd dat Thulare se stellings die indruk kan wek dat dit aanvaarbaar is om met net ’n leerlingrybewys te bestuur.

- Beeld

Lees meer oor: wetgewing

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.