Ontwerper onthul Malema-klerereeks
2011-11-28 13:19
Johannesburg – 'n Plaaslike mode-ontwerper beplan om 'n klerereeks na Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, te vernoem en volgende jaar bekend te stel, het Dispatch Online Maandag berig.
Volgens die berig beplan die ontwerper Obakeng Ramabodu om die klerereeks by die ANC se eeufeesvieringe op 8 Januarie in Mangaung bekend te stel.
Die klerereeks vertoon die kenteken "Juju" en sluit in berette, T-hemde, sonbrille, horlosies en kinderklere.
"Dit sal pret wees met baie kleure en blink goed. Dit is asof die beret vir hom gemaak is; niemand kan dit dra soos hy nie," het Ramabodu gesê.
Die nuus van die bekendstelling kom nadat Malema en ander seniorleiers van die ANC-jeugliga vroeër vandeesmaand uit die ANC geskors is omdat hulle die party in oneer bring en onder ANC-leiers verdeeldheid saai.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA