Ontvoerde verpleegster gevind
2010-08-30 16:46
Kaapstad – Polisie in KwaZulu-Natal het Maandag die verpleegster gevind wat van haar werk by die KwaDukuza-hospitaal op pad huis toe glo deur stakende staatsdienswerkers ontvoer is, het hulle gesê.
“Die verpleegster is rondom 13:30 gevind. Ons kon nog nie met haar praat nie, maar ons weet sy het nie iets oorgekom nie,” het kol. Jay Naicker gesê.
“Ons kan op hierdie stadium nie sê waar sy gevind is nie,” het hy gesê en bygevoeg dat die polisie nie verdere besonderhede, soos haar naam, wou bekendmaak nie.
Lees meer by Times Live
Volg Nuus24 op Twitter