Ontvoerde student gevind
2009-08-26 16:22
'n Student aan die Universiteit van Kaapstad (UCT) wat Maandag ontvoer is het Woensdag veilig teruggekeer huis toe, berig Eyewitness News.
Jeffrey Webster (24) is Maandagaand in Kaapstad se middestad ontvoer en het Dinsdag twee oproepe namens sy ontvoerders aan sy familie gemaak, om te vra vir geld in ruil vir sy vrylating.
Die polisie het Webster Dinsdag opgespoor by ‘n woonstelblok wat bekend is daarvoor dat dit deur dwelmhandelaars besit word en ses mense in hegtenis geneem.
Webster se pa, Dean Webster, het gesê hy en sy familie is baie bly hulle seun het niks ernstig oorgekom nie.
Vir die volledige storie gaan na: www.ewn.co.za