Ontvoerde meisie moontlik deur pa verkrag
2011-10-13 13:56
Johannesburg – ‘n Sestienjarige meisie wat ontvoer en verkrag is, vermoedelik deur haar pa, is op ‘n plaas buite Grahamstad gevind, het die polisie in die Oos-Kaap Donderdag gesê.
“Sy is erg getraumatiseerd,” het Kapt. Mali Govender gesê.
“Die polisie het Sondag ‘n verslag oor ‘n vermiste meisie gekry. Dit is later ontdek dat sy deur haar biologiese pa ontvoer is.”
Sy het ‘n saak van verkragting en aanranding deur haar pa voor die voorval aangemeld, het Govender gesê.
Die meisie is Dinsdagmiddag op die plaas waar sy aangehou is, gevind. Teen die tyd wat die polisie daar opgedaag het, was haar pa reeds weg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA