Ontvoerde boer in kattebak gekry

2011-12-04 10:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie het ’n 64-jarige boer van Nigel uit sy motor se kattebak gered, etlike ure nadat hy Vrydagmiddag tydens ’n rooftog by sy huis oorval en ontvoer is.

Nicolaas Jacobs is deur sy twee ontvoerders gedwing om sy daaglikse kitsbank-limiet van R1 000 te onttrek.

Hulle het daarna lank met hom rondgery terwyl hulle by sjebiens gekuier het.

Beeld het berig Jacobs woon alleen op die plaas Frisgewaagt.

Sy seun Nickie Jacobs (34) sê Jacobs sr. het na die huis gejaag nadat die huisalarm afgegaan het.

Die boewe het hom verskeie kere in die gesig geslaan en vasgebind, sê Jacobs jr.

“Die ontvoerders het die huis gestroop en elektriese toerusting en ander goed in sy motor gelaai. Toe het hulle my pa agter in die kattebak gegooi.”

Jacobs sr. het sy arms seergemaak soos hy probeer het om uit die kattebak te kom.

Hy is gedwing om geld uit sy bankrekening te onttrek, sê Jacobs jr.

“Ons was verskriklik bekommerd omdat niemand geweet het hoe hy verdwyn het nie. Al wat ons geweet het, was dat daar ’n inbraak by sy huis was.”

Hy sê die polisie het teen middernag gebel met die nuus dat sy pa lewend gevind is.

“Dit was uiters traumaties vir ons hele gesin,” sê Jacobs jr.

Die polisie het inligting ontvang dat Jacobs sr. se wit Opel Astra in Duduza, ’n township buite Nigel, gesien is, sê ao. Madeleine von Wielligh, ’n polisiewoordvoerder.

Die polisie het die motor opgespoor en Jacobs is uit die kattebak gered.

Een ontvoerder is in hegtenis geneem en sy makker het weggehardloop. Die aangehoudene sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van huisroof en ontvoering.

Volgens Jacobs jr. is sy pa te getraumatiseerd om oor die voorval te praat.

“Hy is ook nog seer en styf. Ons moes sy beseerde arms ook verbind,” sê Jacobs jr.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.