Ontvoerde baba gevind

2012-02-07 11:17
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die baba wat glo in Pretoria ontvoer en 'n losprys voor geëis is, is Dinsdagoggend by 'n kleuterskool in Johannesburg gevind, het Beeld berig.

Meer besonderhede volg.

Die baba van ses maande oud is Maandag glo deur sy oppasser ontvoer wat toe ’n losprys van R45 000 van die kind se ma geëis het.

Terwyl die polisie gister naarstig op soek was na Linete Moyo, die Zimbabwiese oppasser van Kgosientsile, het Mita Marobe (33), sy ma, gepleit dat Moyo die baba aan haar moet terugbesorg.

Marobe, ’n verpleegster wat in Hesteapark, in die noorde van Pretoria, bly, het emosioneel vertel hoe sy 06:10 alleen wakker geword het in die kamer waar sy, haar seun en Moyo altyd slaap.

Sy kon hulle nêrens in die huis kry nie en albei die huissleutels was ook weg.

Marobe, haar suster (wat nie haar naam wou verstrek nie) en dié se kinders wat saam in die huis woon, was almal in die huis toegesluit.

Die opsigter van die kompleks het later vir hulle oopgesluit.

Moyo is glo met Marobe se enigste kind, maar ook haar handsak, beursie, selfoon en meer as R5 000 vort.

Marobe het gesê haar suster het later ’n SMS van Moyo gekry wat sê sy moet haar R45 000 gee as sy weer haar baba wil sien.

Sy wou ook haar bankkaarte se PIN’s hê.

“Ek is gebroke. Ek gee nie om nie, sy kan álles kry. Sy kan die goed hou wat sy gevat het – ek wil net my kind terughê.

Sy moet hom asseblief nie seermaak nie, hy is al wat ek het,” het Marobe gister gesê terwyl sy die trane van haar wange vee.

Marobe het Moyo se dienste deur ’n agentskap bekom. Dié vrou het vier maande by haar gewerk.

Marobe het gesê ’n man van die werkverskaffingsagentskap was gister saam met haar en haar suster by die Akasia-polisiekantoor om verklarings af te lê.

“Ons het haar hanteer soos ’n deel van die familie. Sy is saam met ons na my ouers in Brits (Noordwes) toe, hoe kon sy dit doen?” wou Marobe weet.

Jacob Gavau (36), Kgosien-tsile se pa, het gesê hy het gisteroggend vroeg ’n histeriese oproep gekry van Marobe wat sê hul seun is weg.

Hy woon in die Pretoriase middestad en het gesê hy het nie vir Moyo geken nie.

“Bring net my baba terug. Wat ook al jy (Moyo) gevat het, kan jy hou, maar my baba is belangrik vir my,” het Gavau gesê.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: ontvoerings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.