Ontvoer-drama eindig tragies

2011-09-09 08:06
Tweets Share Share line Print

Catherine Krog

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban – “As hy my kon dood kýk, dan was ek nou dood.”

Só het Catherine Krog (27) vroeër vanjaar aan kol. Anton Booysen gesê oor die vuil kyke wat sy gekry het van Clint Walley (50) toe hy in die hof verskyn het in verband met die ontvoering van hul tweejarige dogter, Isabella.

Donderdag om 06:00 is Krog in haar slaapkamer in ’n veiligheidskompleks in La Lucia Ridge ten aanskoue van klein Isabella deur Walley doodgeskiet.

Walley het daarna met dieselfde pistool selfmoord gepleeg toe hy homself in die mond geskiet het.

Walley is in Januarie vanjaar in Kimberley vasgetrek nadat hy tien dae lank met klein Isabella verdwyn het.

Krog was oorstelp van vreugde toe sy en haar kind ná ’n grootskeepse soektog herenig is.

Ná Donderdag se treurspel is klein Isabella sonder ’n ma en ’n pa.

Toe Krog se neef, Sean Austin, wat die afgelope week by haar gewoon het, Donderdagoggend die kamer binnestorm nadat alles ná die skote stil geword het, het hy vir Isabella opgeraap waar sy op die bed gelê het en met haar na bure gehardloop, het Booysen gesê.

Volgens ’n Facebook-groep wat ter nagedagtenis aan Krog gestig is, was haar laaste inskrywing: “Dis 01:00 en ek en Bella hou piekniek op my bed met beskuitjies en sap!! Ek’s uitgeput, maar dit is so ’n spesiale geleentheid!!”

Krog het vroeër vanjaar uit vrees na dié veiligheidskompleks getrek nadat Walley haar in Desember met ’n vuurwapen gedreig het.

Nadat Walley vir Isabella in Januarie by haar kleuterskool ontvoer en met haar na Kimberley gevlug het, het Booysen in sy borgtogaansoek getuig hy vrees dat Walley Krog sal doodmaak.

Krog en Walley het ’n stormagtige verhouding van vyf jaar gehad voordat die hooggeregshof toesig oor Isabella aan Krog toegestaan het.

Volgens Booysen was Walley, wie se vervreemde vrou vroeër met sy kind landuit gevlug het, baie ontevrede oor die mense met wie Krog gemeng het.

“Hy het basies van naweek tot naweek geleef om vir Isabella te sien...

“Hy was eens baie ryk, maar nadat sy vervreemde vrou sy bates bevries het, het hy kwalik geld gehad om van te leef,” het Booysen gesê.

Volgens Booysen het ’n vriend van Walley hom Donderdag ná die skietery vertel dat Walley “in sak en as was en gevoel het daar is niks om voor te leef nie”.

Op Facebook het talle mense gister gesê die regstelsel het Krog in die steek gelaat.

“Jy was ’n...dapper soldaat tot die einde toe,” het Tracy Robinson oor Krog geskryf.

Donderdagoggend het Walley vermoedelik met ’n leer oor die kompleks se veiligheidsheining geklim.

’n Bloedspoor van 20 m het die polisie na die huis gelei waar Walley dood in die slaapkamer gelê het met ’n lap gebind om die voet wat hy op die heining gesny het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: moord  |  ontvoering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.