Ontsnapte gevangene pleeg selfmoord
2011-06-17 21:57
Johannesburg – ‘n Gevangene wat uit die tronk
ontsnap het, het gekies om eerder selfmoord te pleeg as om terug te gaan tronk
toe.
Die 19-jarige man het homself naby ‘n
plaaslike kollege in Alice in die Oos Kaap opgehang.
Die man was een van 10 gevangenes wat ‘n
polisie offisier oorrompel het toe van Alice af na For Beaufort geneem is.
Vyf van die tien ontsnaptes is weer in
hegtenis geneem.
Vier is nog op vrye voet.
Volg Nuus24 op Twitter.