Ontkleeklub in stryd om sy deure oop te hou

2012-02-06 12:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Kaapstadse ontkleeklub Mavericks het versoek dat die Wes-Kaapse hooggeregshof die departement van binnelandse sake se terugtrekking van sy korporatiewe permitte as ongrondwetlik verklaar.

Die klub het Vrydag dokumente ingedien nadat hy ‘n reuse-terugslag ervaar het wat daartoe kan lei dat die onderneming sy deure moet sluit, het die Cape Times Maandag berig.

Die klub het aansoek gedoen om ‘n interdik wat die departement sal weerhou om buitelandse ontkleedansers te deporteer.

Die departement het in Oktober besluit om die klub se korporatiewe permitte terug te trek.

Indien die klub hom nie tot die hof gewend het nie, sou die departement van binnelandse sake 16 van sy ontkleedansers deporteer.

Regter Siraj Desai het die aansoek egter Vrydag met kostes verwerp en die saak na die menseregtekommissie verwys om vas te stel of die menseregte van Mavericks se dansers geskend word.

Die dansers word “glad nie betaal nie”, hulle moet weekliks R2 000 aan die klub betaal en hul werk- en lewensomstandighede maak hulle kwesbaar vir uitbuiting.

Desai sê die vroue is in ‘n “kwesbare situasie” en die feit dat die persoon wat verantwoordelik is vir hulle weekliks groot hoeveelhede geld eis, het die eienaar, Shane Harrison, moontlik in ‘n posisie geplaas waarin hy die internasionale protokol teen mensehandel oortree het.

Die klub se aansoek vir ‘n interdik was die eerste van ‘n tweeledige hofaksie.

Die klub bevraagteken die grondwetlikheid van die departement se besluit om sy permitte terug te trek, sowel as die immigrasie-beperkings op grond waarvan die besluit gemaak is.

Harrison sal Maandag met sy prokureurs vergader om vas te stel wat die uitsprake vir die klub sal beteken en sal dan sy volgende stappe beplan.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: ontkleeklubs  |  mavericks  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.