Ontbinde lyk in hospitaal gevind
2010-08-04 21:51
Durban – ‘n Vrou se ontbinde lyk is in ‘n loodgietersbuis by Addington-hospitaal ontdek, het die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid gesê.
‘n Tegnikus wat lugverkoeling regmaak het die lyk op die vyfde vloer gevind nadat hy ingeroep is om ‘n slegte reuk te ondersoek, het Sibongiseni Dhlomo, LUR van gesondheid, gesê.
Die identiteit van die vrou is nog nie vasgestel nie.
Volgens Dhlomo het die lyk nie ‘n bandjie om haar arm gehad om haar te identifiseer nie.
Die persoon het normale klere aangehad en was nie in hospitaaldrag geklee nie.
Die omstandighede rondom die vrou se dood is onbekend.
Dit wil voorkom asof die oorledene by een van die hoër verdiepings van die gebou afgeval het en op die vyfde vloer geland het, het Dhlomo gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA