Onstabiliteit kan JZ kelder, sê kenners

2010-08-30 07:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma is in die moeilikheid.

Nie net het hy skaars drie weke vóór die ANC se belangrike nasio­nale hoofraadsvergadering die steun verloor van twee invloedryke groepe wat hom tot ANC-leier verkies gekry het nie; sy party is weens interne magstryde nou meer onstabiel as op enige ander tydstip sedert 1994.

Boonop waarsku politieke ontleders groter ongelykheid en armoede, werkloosheid, optogte oor swak dienslewering en die staatsdiensstaking toon die ANC sukkel toenemend om die land behoorlik te regeer.

Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, het verlede Vrydag in sy afsluitingsrede op die jeugliga se nasionale hoofraadsvergadering in Midrand, gesê niemand in die ANC se topleierstruktuur is verseker van ’n tweede termyn nie. Dat hulle Zuma in 2012 by die ANC se volgende leiersverkiesing gaan steun, is dus nie ’n gegewe nie. Mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, het ook Donderdag die regering van gebrekkige leierskap beskuldig en die ANC-alliansie “wanfunksioneel” genoem en gesê verhoudinge het ’n “dooie punt” bereik.

Volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit, gebruik Cosatu die voortslepende staatsdiensstaking om ’n politieke boodskap te stuur en is Zuma duidelik in die moeilikheid.

Prof. Steven Friedman, politieke ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, stem saam dat Zuma in ’n situasie is waar ’n tweede termyn as ANC-leier nie ’n uitgemaakte saak is nie.

“Hy moet albei (Cosatu en die jeugliga) terugwen, maar hy sal net een van hulle kry.”

Hoewel die ANC nog altyd gebuk gegaan het onder binnegevegte, het die “drukkoker se deksel ná Polokwane afgeskiet” en is ’n presedent geskep vir die ergste onstabiliteit sedert 1994. Hoe groter die onstabiliteit, hoe meer boet die ANC van sy vermoë in om te regeer. “My grootste bekommernis is die invloed wat dít op die staat het. Die ANC kan homself nie bestuur nie, wat nog te sê van die land bestuur,” het Duvenhage gesê.

Volgens mnr. Prince Mashele, hoof van die Sentrum vir Politiek en Navorsing in Pretoria, word die ANC se regeringsvermoë verswak omdat hy uit voeling is met die samelewing.

Die publiek het sy vertroue verloor in die presidensie met al sy skandale en die armes kom in opstand teen munisipale regerings wat nie dienste lewer nie.

“Ek kan nie onthou dat die ANC al ooit in ’n groter gemors was nie. Nie Zuma óf die ANC kan aanspraak maak op die respek en leierskap wat (oudpres. Nelson) Mandela óf (oudpres. Thabo) Mbeki afgedwing het nie,” het Mashele gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  anc  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mnr sê... Zum, Zum, Zum is die bielie van die Bosveld. Zum, Zum, Zum die Bosveld Bul! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.