‘Ons verloor renoster-stryd’

2011-06-18 07:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Private renostereienaars in Limpopo loop deesdae kwaai deur onder renosterstropers vandat die weermag die stropers in die Krugerwildtuin laat les opsê.

Salomie Maritz van eBlockwatch se “renoster-droomspan” het gister gewaarsku dat die enigste uitweg dalk mag wees om die renosters in “veilige bewaring” te plaas.

Dit volg nadat daar vandeesweek op die karkasse van nog twee renosters afgekom is, onderskeidelik by Cullinan en Naboomspruit (Mookgophong).

In die Cullinan-geval is dit die tweede renoster wat in minder as ’n maand op dieselfde reservaat afgemaai is.

“Die renostereienaars en boere in die omgewing is baie gefrustreerd en heeltemal raadop,” het Maritz gister gesê. “Ek wens daar was meer wat ’n mens kon doen. Ons is dalk besig om die stryd in die Krugerwildtuin te wen, maar niemand kon dit nog regkry om hierdie sindikate te stuit nie.

“Die sindikate in hierdie omgewing is baie gesofistikeerd en gebruik deesdae professionele jaggewere eerder as outomatiese masjiengewere. Aangesien die private eienaars nie dieselfde steun van die weermag geniet nie, is hulle maklike teikens.

“Ons het verlede jaar in die Naboomspruit-gebied alleen sowat 14 renosters verloor, almal binne 80 km van mekaar.

“Ons is nie besig om hierdie geveg te wen nie en die enigste oorblywende opsie vir private ­eienaars mag dalk wees om die renosters in veilige bewaring te plaas waar ons beter beheer oor hulle het.

“Ons het reeds een so ’n veilige gebied ver van die hoofpaaie af geïdentifiseer en dit met geëlektrifiseerde hekke, asook wagte toegerus.

“Die gebied kan omtrent 30 renosters veilig huisves en ons kyk ook daarna om ’n tweede veilige gebied aangrensend daarvan op te rig indien die nood groter word.

“Maar dit is natuurlik baie moeilik om renostereienaars te oortuig dat dit ’n goeie idee is, want die hervestigingsproses is duur en dit is ’n ongelooflike lang proses om die nodige permitte te kry om die diere te skuif.

“Dit grief my om te dink dat die enigste veilige plek waar renosters binnekort met onaangeraakte horings kan wei in sulke veilige gebiede mag wees.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.