Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Ons sal op lewe en dood veg, sê stakers

2012-08-17 22:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma het op ‘n nuuskonferensie in Marikana in die Noordwes gesê hy gaan ‘n kommissie van ondersoek aanstel om die skietery by die Lonmin-myn te ondersoek.

Volgens mediaberigte het honderde mans Vrydagmiddag aan die buitewyke van ‘n koppie by die Lonmin-myn naby Rustenburg bymekaar gekom – ‘n dag nadat 34 mynwerkers in ‘n skietery met die polisie afgemaai is.

Volgens berigte op die toneel het die mans vroeër die middag ‘n vergadering gehou. Ná die vergadering het die mans probeer om na die heuwel op te ruk waar die skietery tussen stakende mynwerkers en die polisie uitgebreek het.

Sapa berig die mans is egter deur die polisie gestop. Hulle het mettertyd hul afstand gehou.

Nadat die mans verskyn het, het ‘n groep vroue wat teen die polisie betoog het, hul klere begin uittrek.

“Hulle wys die polisie dat hulle nie bang is vir hulle nie en dat hulle nie meer respek vir hulle het nie,” het Mmatshepiso Mohlomi, een van die vroue op die toneel, aan die nuusagentskap gesê.

Makhosi Mbongane (32), ‘n werker, het aan The Associated Press gesê mynbestuurders moes na die stakende werkers gaan, eerder as om die polisie uit te stuur.

Mbongane is vasberade om nie terug werk toe te keer nie.

“Hulle kan ons slaan, ons doodmaak en met hul voete op ons trap, doen wat ook al hulle wil doen; ons gaan nie terug werk toe nie,” het hy aan die nuusagentskap gesê.

Altesaam 34 mynwerkers is dood toe die polisie Donderdagmiddag met skerp ammunisie op stakende werkers geskiet het.

Riah Phiyega, die nasionale polisiehoof, het vroeër op ‘n ander mediakonferensie die sterftesyfer bevestig. Meer as 78 mense is ook in die voorval beseer, het sy gesê.

Altesaam 259 mense is in hegtenis geneem vir aanklagte van onder andere openbare geweld, moord, poging tot moord, die besit van gevaarlike wapens en opsetlike saakbeskadiging.

Nog tien mense het die afgelope week in die gewelddadige betogings by die myn gesterf.

Sapa berig die betogings het vermoedelik te make met mededingendheid tussen die National Union of Mineworkers (Num) en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) oor erkenningsooreenkomste by die myn. Die werkers wou ook meer betaal word.

Intussen het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangekondig dat hy die rol van die polisie in die skietery sal ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: lonmin-slagting
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Seg Weer sê... Ai Geelmannetjie so vroeg op die dagga pyp? Jy sien pienk olifante my vriend. Kry hulp. Ai... Die heimwee laat my met 'n sug en, 'n snik in my opkyk... Hou op rook of drink, wat jy tans in jou hand het...dit laat jou erge weird illisies kry - Mal soos 'n haas? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.