'Ons mis nie vir Mbeki'
2009-09-14 15:11
Johannesburg- Volgens die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) word die voormalige president Thabo Mbeki glad nie gemis nie.
“Vandag is daar skaars ‘n enkele joernalis, opposisie party, akademikus, besigheidsleier of politieke kommentator wat met heimwee terugdink aan Mbeki se tydperk as president,” het Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, in ‘n verklaring gesê.
Volgens Nzimande was daar verlede jaar September heelwat doemprofete wat voorspel het dat die herroeping van Mbeki in chaos sal eindig.
“Een van daardie mense was emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, wat gewaarsku het dat ‘n burgeroorlog sal uitbreek.”
“Nou is daar amper ‘n nasionale konsensus dat Mbeki se afsydige en onverdraagsame persoonlikheid ‘n ramp was.
"Ten minste is ons nou in ‘n situasie waar nasionale dialoog en debatvoering weer moontlik is,” aldus Nzimande.
–Sapa