‘Ons koester g’n wrok teen Bees’

2010-08-29 06:02
Tweets Share Share line Print

Herman Scholtz

Pretoria - Hulle koester geen wrok teen die Blou Bul-stut Bees Roux nie en bespiegelinge dat rassisme ’n rol in die dood van sy broer gespeel het, is onvanpas.

So het Alfred Mogale, broer van sers. Johannes Mogale, ’n metropolisielid van Tshwane, Saterdag aan Rapport gesê.

Roux (28) was Saterdag steeds in aanhouding in ’n sel by die Sunny­side-polisiekantoor nadat hy sers. Mogale (38) Donderdagaand glo só geslaan en geskop het dat hy aan sy beserings gesterf het. Roux was glo dronk tydens die voorval.

Daar is vir die Mogale-gesin steeds baie onbeantwoorde vrae oor die voorval.

“Die enigste persoon wat regtig weet wat daar gebeur het, is dood,” het Alfred Mogale gesê.

Ook die Roux-gesin het Saterdag nog tot verhaal probeer kom.

Die Rouxs, van Prieska in die Noord-Kaap, sal Sondag na Pretoria reis om die voorryman te ondersteun, het iemand na aan die familie gesê.

“Dit is ’n baie moeilike tyd vir Roux. Hy is nie alleen in die sel nie, maar dit is veilig.”

’n Familielid wat die huisfoon Saterdag beantwoord het, het gesê “al die koerante spin dieselfde storie, maar dis eintlik heeltemal die teenoorgestelde”.

Sy het daarna die oproep beëindig.

Karien du Toit, Roux se vriendin, en James Adams, sy agent, kon hom Saterdag vir ’n kort rukkie in die polisiesel in Sunnyside besoek.

Du Toit het gesê Roux “sal nie eens ’n vlieg seermaak nie”.

Alfred Mogale sê hy het Saterdag sy broer se lyk by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal gesien.

“Hy het baie ernstige beserings opgedoen. Kopbeserings,” het hy emosioneel gesê.

Niemand het hulle al gesê wat sy broer se aanranding voorafgegaan het nie.

Volgens Dikeledi Leboye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, het sers. Mogale en nog twee metropolisielede Roux vroegoggend naby die N4-hoofweg in Hatfield van die pad getrek omdat hulle vermoed het hy is dronk.

Sers. Mogale het agter die stuur ingeklim om hom huis toe te neem, waarna die onderonsie uitgebreek het.

’n Ooggetuie het aan die media gesê Roux het sers. Mogale herhaaldelik geslaan en op die teerpad gegooi. Roux het glo geskree: “Jou dief! Jy wil my kar steel!”

Alfred Mogale sê hulle verstaan nie waar die ander twee metropolisielede in die prentjie pas as hulle nie dadelik op die toneel was om sy broer te help nie.

Volgens Leboye is dié metropolisielede nog te getraumatiseer om oor die voorval te praat.

Nóg ’n raaisel is waarom sers. Mogale hom nie self teen die aanval kon verdedig het nie. Mogale sê sy broer het altyd ’n diensvuurwapen aan hom gedra.

Mogale sê sy skoonsuster is nog erg geskok en het berading nodig. Sy ma en sy broerskinders – Thato (16), Boitshepo (12) en Ora (3) – is ook oornag sonder hul enigste broodwinner gelaat.

“Hy was ongelooflik passievol oor sy werk. Hy wou altyd ’n polisieman geword het.

“Hy was ’n baie nederige, koel mens wat uit die moeilikheid gebly het.”

In rugbykringe heers daar groot skok oor die voorval.

“Ek ken Bees Roux net as ’n gentle giant. Hy is een van die sagste, ordentlikste en vriendelikste ouens wat jy kan kry,” het Dawie Theron, Roux se vorige afrigter by Griekwaland-Wes, Vrydagaand in Durban aan Christo Buchner gesê.

“Toe ons hoor wat gebeur het, was dit vir ons ’n geweldige skok.”

Roux moet môre in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die polisie het vroeër te kenne gegee dat hy van moord en dronkbestuur aangekla gaan word.

- Rapport

Lees meer oor: bees roux  |  rugby  |  moorde  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.