'Ons is vals beskuldig' – Moordverdagtes

2011-06-29 21:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n sakeman van Pretoria vermoor het, het Woensdag beweer die polisie het hulle vals beskuldig van ‘n moord wat hulle nie gepleeg het nie.

Advokaat Paul Shapiro, wat vir Lawyer Marabe Talane (36) en Rodney Katang Masemola (33) optree, het dit aan ‘n staatsgetuie gestel dat die “hoof-polisiebeamptes” in die verhoor almal wit en Afrikaanssprekend is en sy kliënte vals beskuldig het.

Hy het gesê dit is omdat die wit polisiebeamptes met die slagoffer, wat ook wit en Afrikaanssprekend was, simpatiseer.

“Die wit polisie dink ek is skuldig, maar ek is nie skuldig nie,” was Talane se weergawe.

Ao. Gawie Janse van Rensburg het getuig dat die vingerafdruk van Talane se regter-wysvinger op die vensterbank, waar toegang tot die huis van Dawie Maree in Mei 2008 verkry is, gevind is.

Maree is noodlottig gewond voor sy vrou en twee jong kinders in ‘n struweling met ‘n gewapende man wat sy huis in die middel van die nag betree het.

Talane en Masemola het onskuldig gepleit op aanklagte van die rooftog en moord op Maree, asook dat hulle hul beweerde medepligtige, Seporo Martin Tshebesebe, tydens die struweling met Maree vermoor het.

Shapiro het dit aan Janse van Rensburg gestel dat Talane ná sy inhegtenisneming na die Maree-woning geneem is en beveel is om teen die vensterbank te leun en sy hand daarop te plaas.

Hy het gesê Talane sal getuig dat hy nog nooit vantevore by die Maree-woning was nie.

Hy het gesê Masemola sê ook hy is vals beskuldig.

Al het Shapiro Janse van Rensburg se bevindinge bevraagteken aangesien die vingerafdrukke nie in alle opsigte identies was nie, het die polisiebeampte daarop aangedring dat dit Talane se vingerafdruk is wat op die toneel gevind is.

Shapiro het dit vroeër aan Maree se vrou, Elana, gestel dat sy haar man geskiet het – ‘n stelling wat sy ontken het.

Hy het ook beswaar daarteen aangeteken dat die weduwee in die hof gehuil het tydens die getuienis van die patoloog Dr. Loraine du Toit Prinsloo en het gesê dít is ‘n uitgewerkte plan om die hof te beïnvloed.

Prinsloo het getuig dat Mnr. Maree, wat ‘n groot man was, drie koeëlwonde in sy regterbeen gehad het, maar dat sy dood veroorsaak is deur ‘n koeël in die rug, wat hom in die bors getref het en by sy keel uit is.

Die verhoor duur voort.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: pretoria  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.