“Ons het nie Malema stilgemaak” - ANC

2010-04-07 11:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gerugte ontken dat die party hulle jeugliga se president, Julius Malema, verbied het om die boere-moordlied, ‘Skiet die boere’ te sing.

Beeld het Woensdag berig dat Mantashe met president Jacob Zuma gepraat by sy amptelike woning in Pretoria. Mantashe het glo aan Zuma voorgestel dat Malema verhoed moet word om die kontroversiële lied te sing.

“Ons het glad nie oor Julius Malema gepraat nie,” het Mantashe Woensdag aan Nuus24 gesê. Hy het wel bevestig dat hy ‘n ontmoeting met Zuma gehad het.

“Die media is opgewonde oor Julius,” het hy bygevoeg.

Beeld staan by sy storie:

Waldimar Pelser, nuusredakteur by Beeld, het aan Nuus24 gesê dat hy “nie kan glo” dat Mantashe dié ontkennings maak nie.

“Ons joernalis het met hom gepraat en ons staan by ons storie. Dit is ongelooflik,” het Pelser gesê.

Mantashe het gesê die ANC het verskeie van die party se interne strukture na ‘n vergadering uitgenooi, waartydens die huidige situasie met die lied bespreek sal word.

Dié omstrede lied – wat die woorde skiet die boer insluit - is die afgelope naweek uitgemaak as die rede vir die dood van Eugene Terre’Blanche.

Malema het hierdie gerugte Sondag ontken.

ANC sal steeds vergader met ANCYL:

Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het aan Nuus24 gesê dat die ANC steeds met die ANC-jeugliga (ANCYL) sal praat oor die kwessie rakende die lied.

“Sover ek weet het die vergadering nog nie plaasgevind nie,” het hy gesê.

Hy het joernaliste aangemoedig om 11:00 ‘n perskonferensie by te woon wat by die Luthuli-huis in Johannesburg gehou sal word.

Die ANCYL  het ook gerugte ontken dat Malema met Zuma en Manatshe ontmoet het. 

“Daar was nooit so ‘n vergadering nie,” het Floyd Shivambu, woordvoerder, aan Sapa gesê.

-Nuus24
 
Luister hier na 'n klankgreep van die radio-onderhoud


Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.