Onnies kort inspirasie, sê Tutu

2012-01-21 06:49
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Maniere moet gevind word om Suid-Afrikaanse onderwysers te verbeter, meen emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu.

Tutu het Vrydag by ’n informele geleentheid van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika (Ifaisa) gepraat nadat hy as Ifaisa se beskermheer aangewys is.

Ifaisa stel hom ten doel om amptenare in gesagsposisies verantwoordbaar te hou en reaksie op die behoeftes van gewone mense te bevorder.

Hy beywer hom ook vir die stryd teen korrupsie en die bevordering van die reg op basiese opvoeding.

Adv. Paul Hoffman, ’n direkteur van Ifaisa, het by die St. George-katedraal gesê die instituut plaas vanjaar die fokus op basiese onderwys. Sy groot projek is om ’n saak in die konstitusionele hof te bring om die reg op basiese onderwys vir almal te verseker.

“Daar is te veel kinders in die openbare skoolstelsel wat langs die pad verdwyn. Hulle kom nie by matriek uit nie. Drie uit vier kinders ontvang ’n matrieksertifikaat wat eintlik niks werd is nie, maar niemand doen iets daaraan nie.”

Volgens Hoffman beoog Ifaisa om ’n aansoek in die konstitusionele hof te bring om die regering te dwing om stappe te doen om die situasie in die openbare skoolstelsel te verbeter.

Die instituut wil ook aansoek doen om ’n toesigbevel waarvolgens die onderwysdepartement elke ses maande oor spesifieke kwessies moet terugrapporteer.

“Dit sal die departement verplig om aan regters te verduidelik wat hulle gedoen het om sake in die skoolstelsel reg ruk.”

Tutu het gesê Suid-Afrika het twee onderwysstelsels – voormalige Model C- en private skole wat soos ’n goed geoliede masjien werk aan die een kant, en staatskole aan die ander kant.

“Ek praat nog nie eens van boeke nie. Die fisieke toestand van sommige skole laat voorts veel te wense oor – gebreekte ruite, modderskole, oorvol ­klasse... Ons stelsel is seker die ergste in Afrika en dit is skandalig.”

Daar is ooreenkomste met die skoolstelsel van die verlede en die huidige een. “Die verskil is dat ons baie toegewyde onderwysers gehad het. Ons moet ’n manier vind om weer ons onderwysers te inspireer.

“Ons het baie toegewyde onderwysers, maar sommige is ontnugter.

“Ons moet maniere vind om ons onderwysers te verbeter.

“Ons is almal opgemors deur Bantoe-onderrig. Dit gaan ’n lang tyd kos om te herstel van die gevolge daarvan.”

- Die Burger

Lees meer oor: desmond tutu  |  skole  |  onderwysers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.