Onnies in hof oor kinderporno op skooldrukker
2010-11-09 11:28
Beeld
Johannesburg - Twee onderwysers aan die Laerskool Brentwoodpark in Benoni verskyn Woensdag in die plaaslike landdroshof op aanklag van die besit en die verspreiding van kinderpornografie.
Die twee mans, onderskeidelik 44 en 46 jaar oud, is Maandag kort voor 14:00 deur lede van die eenheid vir die bekamping van kinderpornografie in hegtenis geneem, het kapt. Julie Claassen, polisiewoordvoerder, gesê.
Dit volg nadat drukstukke met kinderpornografie daarop by die skool se gemeenskaplike drukker uitgekom het.
Volgens Claassen is beslag gelê op ’n skootrekenaar en ’n rekenaar wat albei positief met die uitdrukke verbind is.
- Beeld