Onnie wen lastersaak ná seksgerugte
2010-11-10 12:26
Johannesburg – ‘n Oos-Kaapse onderwyser het ‘n R100 000-lastersaak gewen nadat gerugte die ronde gedoen het dat hy seks met ‘n gr.8 leerling gehad het, het Dispatch Online Woensdag berig.
Die Transkei-onderwyser, Maseko Nobahambi, wat sedert 1994 Engels by die hoërskool Ngcanasini gee, is daarvan beskuldig dat hy ‘n seksuele verhouding met ‘n gr.8 leerling in 2003 gehad het.
Die skoolhoof, Moris Makaziwe Nokwali, het die gerugte versprei en Nobahambi van die skool verwyder.
Nobahambi het daarna ‘n lastersaak teen Nokwali en die departement van onderwys gemaak.
Volgens landdros Kholisani Mkhango moes die voorval nie intern hanteer gewees het nie. Die hoof moes eerder die bewerings aan die departement gerapporteer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA