Onnie voor oor verkragting
2009-09-09 15:30
Frankfort - ‘n Vrystaatse onderwyser het voor die hof in Frankfort verskyn weens die statutêre verkragting van ‘n 14-jarige leerling.
Na ‘n ondersoek verlede week is gevind dat die tienermeisie nou ook swanger is, het sers. Philani Mvuna gesê.
Die identiteit van die ongebore baba se pa is egter nie bekend nie.
Die onderwyser is op R1 500 borgtog vrygelaat.
Mvuna het gesê honderde lede van die ANC-vroueliga en die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (Sasco) het tydens die onderwyser se verhoor buite die hof betoog.
Hulle het later ‘n memorandum aan die provinsiale departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling oorhandig.
- Sapa
* Nuus24 het vroeër berig dat ’n ANC-raadslid vir die seksmisdaad aangekla is en dat hy verdink word van seksuele teistering van 10 kinders. Die man is inderwaarheid níé 'n raadslid nie en die werklike verdagte word verbind met statutêre verkragting van een kind.