Onnie looi 'DA-kind'
2011-05-24 23:05
Johannesburg - ‘n Onderwyser van Noordwes is van aanranding aangekla nadat ‘n negejarige leerling wat met ‘n DA-plakkaat gespeel het, geslaan is, berig Woensdag se uitgawe van die New Age-koerant.
Ruby Nkobane het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
‘n Leerling in graad een en van sy vriende by ‘n laerskool in Boitumelong het blykbaar ‘n DA-plakkaat vasgehou en “Ons sal vir die DA stem” geroep op die speelgronde op 16 Mei, twee dae voor die plaaslike verkiesings.
Nkobane het glo na hom gestap en hom só hard geslaan dat die kind op die grond geval het en met ‘n gesnyde lip en ‘n geswolle oog gelaat is.
‘n Verbyganger het hom na ‘n plaaslike kliniek geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA