Onnie lê sewe jaar leeg met volle salaris

2010-12-09 06:30
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Pretoria - ’ n Onderwyseres word die afgelope sewe jaar ’n salaris betaal sonder dat sy enigsins skoolhou.

Denise van Dyk, vrou van dr. Manie van Dyk, bekende DA-LP, is sedert 2003 op die betaalstelsel van die Laerskool Wierdapark waar sy musiek gegee het.

Sy is in 2003 na die Eqinisweni Secondary School in die ooste van Johannesburg herontplooi nadat die departement nuwe poste vir sogenaamde magneetskole (musieksentrums) goedgekeur het.

Van Dyk het gister gesê sy het in 2003 weens “veiligheidsredes” beswaar gemaak om na dié skool te gaan en was bereid om na ’n ander skool te skuif.

Sy het toe ’n dispuut teen die departement verklaar en die saak is na die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) verwys. “Ek het nooit weer van hulle gehoor nie en my salaris is net op ’n dag gestaak.”

Volgens Van Dyk het sy haar tot die Pretoriase hooggeregshof gewend, wat in 2004 gelas het dat die departement haar betaal of haar dienste op ’n regmatige wyse beëindig. Die departement het haar toe weer begin betaal.

Volgens Van Dyk het sy daarna aansoek gedoen om die onderwys om mediese redes te verlaat, maar dit is van die hand gewys.

Die departement het gesê sy moet terug Eqinisweni toe.

Sy het die hof weer genader op grond van die departement se beweerde minagting van die eerste hofuitspraak. Die 2004-hofuitspraak is toe gehandhaaf.

Volgens Van Dyk is sy die afgelope sewe jaar “getraumatiseer” en kon sy nie met haar loopbaan voortgaan nie. Sy beweer sy het verskeie skrywes aan die departement gerig om die saak op te los.

Die beheerliggaam van Wierdapark het die departement ook al ’n paar keer skriftelik ingelig dat Van Dyk sedert 2003 nie meer ’n onderwyser by die skool is nie.

Die departement het by navraag gesê die saak word ondersoek.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: korrupsie  |  onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.