Onnie in hof oor hy 'betas'

2010-10-22 07:01
Tweets Share Share line Print

Krugersdorp. – ’n Hoërskoolonderwyser van dié Wes-Randse dorp wat na bewering gereeld die borste van skoolmeisies in sy klas betas het, is Donderdag vasgetrek.

Die man, in sy 50’s en wie se identiteit aan Beeld bekend is, maar wat weerhou word totdat hy op die aanklagte gepleit het, het enkele ure ná sy inhegtenisneming al in die landdroshof verskyn.

Hy staan tereg op ses aanklagte van seksuele aanranding en een van gewone aanranding.

Die onderwyser is vroegoggend Donderdag na die skoolhoof se kantoor ontbied, waarna hy na ’n polisiekantoor en toe na die Krugersdorp-landdroshof geneem is.

Charles Phahlane, onderwyswoordvoerder in Gauteng, het gesê drie of vier leerlinge het ’n klag teen hom by die polisie ingedien.

Die polisie het die departement Dinsdag genader om vas te stel of die man wel ’n onderwyser by die betrokke skool is.

Phahlane het gesê die departement het in Mei vanjaar bewerings teen dieselfde onderwyser ondersoek.

Dit het egter destyds geblyk dat sy optrede nie seksueel van aard was nie en hy is net gewaarsku.

Phahlane het gesê die departement sal sy eie ondersoek doen en met ’n tugverhoor begin afhangend van die bevindings, berig Alet Rademeyer.

Die onderwyser het die meisies se borste glo herhaaldelik betas.

Al die slagoffers is tussen 15 en 18 jaar oud.

R.J. Heerschop, vir die beskuldigde, het kort ná 14:00 voor landdros Joachim Nortjé verskyn en ’n beëdigde verklaring voorgelees.

“Ek wil graag my onskuld bewys en met my lewe aangaan,” het dit gelui.

Die staat het nie borgtog teengestaan nie.

“Hy was nog altyd ’n persoon wat die wette van die land gehoorsaam het,” het Heerschop betoog.

Micky Thesner, staatsaanklaer, het gevra die beskuldigde moet as deel van sy borgtogvoorwaardes verbied word om met die staatsgetuies in verbinding te tree.

Nortjé het borgtog van R5 000 toegestaan en die saak is tot volgende maand uitgestel.

Intussen het ’n onderwyser van die Cullinan Gekombineerde Skool vroeër vandeesmaand bedank nadat daar vrae oor sy betrokkenheid by van die skoolseuns geopper is.

Gert Swart, skoolhoof, het gesê die onderwysdepartement ondersoek die bewerings.

“Ons het verstaan die onderwyser mag hangende die uitslag van die ondersoek nie weer toegelaat word om skool te hou nie.”

Phahlane het egter gesê die departement se ondersoek kan nie voortgaan nie omdat die onderwyser bedank het.

Die saak is volgens Phahlane na die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Saro) verwys.

Saro is die raad waarby onderwysers geregistreer moet wees. As dié raad onderwysers aan enige wangedrag skuldig bevind, kan hulle verbied word om verder in die bedryf te werk.

Beeld het betroubaar verneem vrae het oor besoeke van seuns aan die onderwyser ontstaan. Geen klagte van seksuele molestering of aanranding is egter by die polisie ingedien nie.

Beeld het reeds vroeër dié week berig dat ’n adjunkhoof van ’n vooraanstaande Engelse skool in Johannesburg die naweek gearresteer is weens beweerde seksuele misdrywe.

Die onderwyser word daarvan aangekla dat hy onder meer vyf leerlinge by die skool waar hy nog minder as ’n jaar skoolgehou het, seksueel geteister het.

Hy het glo ook ’n leerling van die skool waar sy vrou skoolgehou en hulle gewoon het, seksueel misbruik.

Die onderwyser se vrou het toe selfmoord gepleeg kort nadat hy in hegtenis geneem is.

Nog klagte

- Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Saro) het sedert die begin van die jaar meer as 420 klagte oor onderwysers landwyd gekry.

Dié klagte wissel van onsedelike aanranding, sek­suele teistering en verbale mishandeling tot lyfstraf en nalatigheid.

- Beeld

Lees meer oor: kindermishandeling  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.