Onnie geskors oor kaalfoto’s van spogskool se hoof

2010-10-10 08:34
Tweets Share Share line Print

’n Jong onderwyser van Helpmekaar Kollege, ’n private spoghoërskool in Johannesburg, is op die oorlogspad nadat hy geskors is oor kaal-vakansiefoto’s van die skoolhoof wat op die skool se rekenaarnetwerk beland het.

Ouers het ook intussen die onderwysdepartement genader om verskeie klagte, waaronder viktimisasie, intimidasie en voortrekkery, teen die skool te ondersoek.

Klaus König, die skoolhoof, is midde-in die herrie ná klagtes van ouers dat skoliere die kaalfoto’s onder mekaar versprei het en Gideon van Oudtshoorn, ’n onderwyser, weens afpersing geskors is.

Weens die private aard van die foto’s het Rapport besluit om dit nie te publiseer nie.

Daarin wys die hoof sy bruingebrande lyf en wit agterstewe vir die kamera en in nog ’n foto poseer hy in ’n Speedo-swembroek.

Van Oudtshoorn sê hy is in die duister oor waarom hy geskors is.

“Ek is deur die beheerraad genooi om die klagte van afpersing te kom verduidelik, maar ek weet steeds nie wat die rede vir die klagte is nie. Daar is ook geen strafregtelike klag teen my ingedien nie.

“Die hele ding het in September begin toe ’n leerling vir my kom sê het: ‘Meneer, jy gaan dit nie glo nie, maar daar is kaalfoto’s van die skoolhoof op die skool se rekenaarnetwerk wat deur almal gesien kan word’.

“Die kind het ’n geheuestokkie aan my oorhandig met die kaalfoto’s van die hoof. Ek het dit dadelik onder die adjunkhoof se aandag gebring en dit was die einde van die storie.”

Sover hy kon vasstel, het die hoof se private vakansiefoto’s per ongeluk saam met skoolfoto’s op die skool se rekenaarstelsel beland toe dit afgelaai is, sê Van Oudtshoorn.

Volgens Van Oudtshoorn het twee polisiebeamptes kort daarna by sy klaskamer ingestorm en op sy rekenaar en selfoon beslag gelê.

’n Rukkie daarna is hy in ’n amptelike brief weens afpersing geskors.

Ouers het Rapport intussen ontsteld gekontak om hul misnoeë uit te spreek met die hoof en die beheerraad se hantering van die saak en dat hul kinders kaalfoto’s van die skoolhoof gesien het.

Van die klagtes aan die onderwysdepartement is dat:

- kaalfoto’s van die hoof al vir maande op die internet versprei word en geredelik aan kinders beskikbaar is;
- 13 onderwysers glo die afgelope jaar bedank het weens König se bestuurstyl;
- onderwysers minder verdien by dié private skool as by staat­skole;
- kraamverlof nie eweredig toegepas word nie;
- personeel verplig word om tot ’n spesifieke pensioenfonds te behoort terwyl die skool geen bydrae tot die fonds lewer nie
- geen bydrae gelewer word tot onderwysers se siekefonds nie; en
- onderwysers gedwing word om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem terwyl daar nie kontraktueel daarvoor voorsiening gemaak word nie.

Prof. Derek van der Merwe, voorsitter van die skool se beheerliggaam, wou nie op dié klagtes reageer nie.

“Wat ek wel kan sê, is dat ’n onderwyser geskors is hangende ’n dissiplinêre verhoor, dat die polisie wel op rekenaartoerusting beslag gelê het en dat die polisie se vervolgingsgesag binnekort klagtes van afpersing en intimidasie aanhangig gaan maak.”

König wou nie oor die aangeleentheid praat nie en het Rapport na die beheerraad verwys.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.