Onnie geskors ná hy glo leerder verkrag
2011-10-19 15:28
Johannesburg – 'n Onderwyser is aangekla van verkragting en geskors by 'n hoërskool in KwaThema in Springs, het die departement van onderwys gesê.
Twee leerders van die Nkumbulo Hoërskool het aanklagte van verkragting en intimidasie teen die onderwyser ingedien, het Charles Phahlane, Gautengse onderwyswoordvoerder, gesê.
Die man in sy 40's het Maandag in die hof verskyn en is Dinsdag op borgtog vrygelaat.
"Hy is op voorkomende skorsing geplaas hangende 'n ondersoek."
Die departement ondersoek ook die moontlikheid dat ander leerders ook mishandel is.
"Daar is nog bewerings van ander leerders en ons sal die saak verder ondersoek."
Sielkundigdes is na die skool gestuur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA