Onnie blameer nie wag, skool vir roof

2010-08-23 09:36
Tweets Share Share line Print

Centurion - Maretha Kruger, ’n onderwyseres wat Vrydag op die perseel van Hoërskool Centurion deur rowers oorval en beroof is, sê sy blameer niemand vir wat gebeur het nie en dat kinders se veiligheid vir dié skool baie belangrik is.

Kruger, oor wie Beeld Saterdag berig het, meen Shereen Barnard, nog ’n onderwyseres van die skool wat die rooftog aanskou het, en haar pa, adv. Wesley Barnard, het moontlik ná die voorval aan skok gely toe hulle húl weergawe vertel het.

“Dit kon op enige plek gebeur het en dit is nie die skool of die wag se skuld nie,” het sy gesê.

Kruger, wat lewensoriëntering en Duits by die skool gee, en Barnard is glo deur rowers tot by die skool agtervolg nadat hulle geld getrek het.

Die rowers is deur ’n niksvermoedende wag by die skool se hoofingang in- en uitgelaat.

Adv. Barnard het gesê een van die rowers het ’n pistool op sy dogter gerig en die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie.

“Dit het nie heeltemal so gebeur nie,” het Kruger gesê.

“Shereen het uit haar motor geklim om die geld, wat ons vir die skool gaan trek het, in die skool se kluis te gaan bêre.

“Ek het in my motor vir haar gewag toe ek ’n verdagte motor met drie of vier mans aangery sien kom het.

“Ek het geskrik, die toeter gedruk en Shereen se aandag probeer trek, maar toe hou die rowers in hul motor agter my stil.”

Een van die rowers het uitgeklim en ’n rewolwer teen Kruger se kop gedruk.

“Hy het deur die venster oor my geleun en my handsak van die passasiersitplek af gegryp.

“Hy het natuurlik gedink die kontant wat ons getrek het, is in my handsak.”

Die rower het toe weer in die motor geklim en hulle het doodluiters by die hoofingang uitgery.

Adv. Barnard het ná die voorval gesê die veiligheidswag was “nutteloos” en Wouter Burger, skoolhoof, het gesê daar is met die betrokke veiligheidsmaatskappy vergader en dat die wag vervang sal word.

Kruger meen egter dié wag is nie te blameer nie.

“Die rowers het vir hom gesê hulle kom om iemand op te laai, hoe moes hy weet hulle is rowers?” het sy gevra.

Burger het gesê die skool het streng veiligheidsmaatreëls en dat alle skoolhekke in skooltyd gesluit word.

“Buite skoolure is daar vanweë buitemuurse aktiwiteite ’n wag by die valboom by die hoofhek om mense in en uit te laat.”
 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rooftogte  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.