Ongelukkefonds - vrou vas vir bedrog
2009-08-03 22:10
Johannesburg - ‘n Vrou is Maandag in hegtenis geneem vir bedrog nadat sy meer as R300 000 se uitbetalings deur die padongelukkefonds (POF) aan haar dogter oorbetaal het.
Volgens Thivhulawi Tshilate, woordvoerder vir die Gautengse polisie, was die vrou sedert Februarie verlede jaar ‘n voorvlugtige voor die gereg.
Tshilate het gesê die vrou was in diens van advokate wat eise vir die POF hanteer het. Wanneer die eise uitbetaal is, het sy na bewering die geld in haar dogter se rekening gesit in plaas van kliënte s’n.
Die vrou het vermoedelik op dié wyse bedrog van rondom R352 000 oor twee jaar gepleeg.
Sy is Maandag in Heidelberg in hegtenis geneem.
Die vrou sal Woensdag in die Johannesburgse streekhof verskyn.
- SAPA