Ongelukkefonds steun families van oorledenes
2011-09-12 16:58
Johannesburg – Die Padongelukkefonds (POF) sal finansiële steun bied aan die families van 16 mense wat verlede week in 'n ongeluk in Zeerust dood is, het die departement van openbare veiligheid in die Noordwes Maandag gesê.
"LUR Desbo Mohono het die onderneming van die POF verwelkom," het Lesiba Moses Kgwele, woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, gesê.
Die ongeluk het Vrydagoggend plaasgevind toe 'n taxi en 'n bakkie op die N4 Bakwena-hoofweg sowat 4 km buite Zeerust gebots het. Veertien mense het op die toneel gesterf en twee ander mense het later in die hospitaal gesterf.
Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA