Ongelukke in Wes-Kaap eis meer lewens as verlede jaar

2009-12-30 07:38
Tweets Share Share line Print

Vania van der Heever

Kaapstad - Byna twee keer soveel mense as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar het vandeesmaand reeds in die Wes-Kaap op die paaie gesterf.

Sedert 1 Desember tot gister het 110 mense in 90 ongelukke gesterf. Hiervan was 26 voertuigbestuurders, 47 passasiers en 37 voetgangers.

Verlede Desember was daar 61 sterftes in 48 ongelukke op die provinsie se paaie.

Xenephone Wentzel, woordvoerder van die provin­siale verkeersdepartement, het gesê die ongelukke is deur ’n verskeidenheid redes veroorsaak. Hy het ’n beroep op padgebruikers gedoen om verantwoordelik te wees wanneer hulle die paaie gebruik.

“Mense moet verantwoordelik wees wanneer hulle agter hul stuurwiel inklim. Dit is byvoorbeeld verantwoordelik om ’n veiligheidsgordel te dra.

“Moenie onnodige kanse waag, soos om ander voertuie op ’n onveilige plek verby te steek nie. Mense wat op partytjies drink, moet alternatiewe maniere vind om by die huis te kom en nie bestuur nie,” het hy gesê.

Wentzel het ook motoriste versoek om hul reise goed te beplan sodat hulle langs die pad genoeg tyd het om stil te hou en te rus.

Die Kaapstadse munisipaliteit het aangekondig hy gaan seker maak die publiek is veilig gedurende die Nuwejaarsvieringe.

Daar sal oral strenger wetstoepassing wees.

Richard Bosman, uitvoerende bestuurder van die munisipale veiligheids- en sekuriteitsdepartement, het in ’n verklaring gesê die beamptes sal motors by alle strande, openbare plekke en op deurpaaie voorkeer en deursoek om ’n veilige feestyd te verseker.

Daar is ook meer beamptes in die munisipale gebied ontplooi. Die beamptes sal onder meer die strande per voet, voertuig, fiets en te perd patrolleer om te keer dat mense onwettig optree soos om alkohol daar te gebruik.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.