Ongeluk in Tongaat: 1 dood
2009-11-28 02:28
Johannesburg - Die bestuurder van ‘n bakkie is dood toe sy voertuig beheer verloor en by ‘n steil wal in Tongaat afgerol het, het paramedici gesê.
Jeff Wicks van Netcare 911 het gesê daar was agt passasiers in die bakkie toe dit by ‘n wal in die Watson-hoofweg in Tongaat afgerol het.
“Die bakkie het deur die versperrings gebars en tussen twee groot bome tot stilstand gekom,” het Wicks gesê.
Twee van die passasiers is in ‘n kritieke toestand en vyf ander is ernstig beseer.
Wicks het gesê die bestuurder was in so ‘n slegte toestand dat dit onmoontlik was om sy ouderdom te bepaal.
- Sapa