Ongeluk in Kaapstad, 2 dood
2009-12-11 11:03
Kaapstad - Twee mense is dood en nóg vyf is beseer in ‘n motorongeluk in Ravensmead, Kaapstad, het paramedici Vrydag gesê.
Tristan Wadely, woordvoerder vir ER24, het gesê dié ongeluk het by die kruising van De La Rey- en Modderdamweg omstreeks 20:30 Donderdagaand plaasgevind.
“Een persoon was reeds dood toe noodpersoneel by die ongelukstoneel aankom. Nog twee mense was in ‘n ernstige toestand. Een is later in die Tygerberg-hospitaal dood.
Die vier ander mense het minder ernstige beserings opgedoen,” het Wadely gesê.
Wadely het gesê hy was nie seker hoe die ongeluk gebeur het nie.
- Sapa