Ongeluk eis een, agt ernstig beseer
2010-04-25 01:03
Johannesburg - Een persoon is dood en agt is ernstig beseer in 'n motorongeluk net buite Wartburg in Pietermaritzburg, het paramedici gesê.
Derrick Banks, ER24-woordvoerder, het gesê 'n Opel Corsa en ‘n BMW was Saterdagaand in die botsing betrokke.
“Die bestuurder van die Corsa is, steeds vasgekeer in die motor, op die toneel dood verklaar,” het Banks gesê.
Twee passasiers in die Corsa het verskeie frakture en moontlike kopbeserings opgedoen en is met die kake van die lewe uit die wrak gehaal.
Die ses mense wat in die BMW was, is almal met ernstige nek- en rugbeserings ook na die hospitaal geneem.
- Sapa