‘Ongedissiplineerde soldate hoort nie in weermag’

2010-12-17 07:26
Tweets Share Share line Print

Beeld

Pretoria -  Enigiemand wat nie lojaal en betroubaar is of dissipline en toewyding het nie, moenie in die weermag wees nie.

Só het pres. Jacob Zuma gister in Thaba Tshwane in Pretoria gesê op die dag vir gewapende magte wat ter ondersteuning van militêre veterane gehou is.

’n Parade, nasionale saluut, ’n verbyvlug van vliegtuie en ’n kanonsaluut van 21 skote sou deel van die vieringe wees, maar dié is weens hewige reën afgestel.

Zuma het gesê vandag se soldate moet leer by die militêre veterane wat verskeie oorloë van weerstand en bevryding met “trots, dapperheid en toewyding” geveg het.

“Hulle het hul lewens op die spel geplaas sodat ons, die toekomstige geslagte, vryheid in ’n land kan geniet wat ons ons eie kan noem.

“Ons is trots op ons soldate wat deur toewyding, lojaliteit, dissipline en professionaliteit die land se beeld bevorder het wanneer hulle ontplooi word.

“Lojaliteit, dissipline, toewyding en betroubaarheid is ononderhandelbaar,” het Zuma gesê.

“Enigiemand wat dit te moeilik vind, moenie in die weermag wees nie.

“Ons soldate is nie gewone staatsamptenare nie. Hulle het spesiale aandag nodig, waaraan die regering tans werk.”

Volgens Zuma is van die veterane “wat met alles wat hulle gehad het, geveg het om die kettings van apartheid te breek”, vandag behoeftig.

Deur die stigting van die departement van militêre veterane kan die regering na hul belange omsien.

Zuma het gesê die voormalige stryders moet toegang tot sosio-ekonomiese ondersteuning hê om beter by die burgerlike lewe aan te pas.

Dit word gedoen met die hulp van die departemente van behuising, maatskaplike ontwikkeling, kuns en kultuur, verdediging en die nasionale tesourie.

“Die feit dat ons aan teenoorgestelde kante van die bevrydingsoorlog geveg het, is geskiedenis wat ons nie kan verander nie,” het Zuma gesê.

“Ons kan die hede en die toekoms verander. Ons kan en moet saamwerk om die land te herbou met dieselfde energie wat ons gebruik het om vir vryheid te veg of om die destydse apartheid- status quo te beskerm.”

Zuma het vandeesweek die Wysigingswet op Verdediging onderteken wat ’n bedeling daarstel wat die belange van die weermag sal bestuur.

- Die Burger

Lees meer oor: weermag  |  sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.