Onderwyser slaan glo dat die bloed spat

2009-11-27 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Klagte dat ’n Vrystaatse onderwyser glo geruime tyd sy leerlinge met die vuis slaan en skop totdat die bloed loop, gaan deur die departement van onderwys in die provinsie ondersoek word.

Ses van dié leerlinge tussen die ouderdomme van 13 en 18 jaar van die Hoërskool A.J.C. Jooste op Petrusburg het dié week in briewe hul griewe teenoor ’n kollega van die onderwyser gelug.

’n Klagte is ook by die kantoor van die Onafhanklike Klagtedirektoraat in Bloemfontein ingedien omdat die polisie op dié dorp glo weier dat die kinders klagte teen die onderwyser indien.

Isaac Ntshauba, woordvoerder van die onderwysdepartement, het Donderdag aan Volksblad gesê die onderwysdepartement ondersoek nou dié bewerings teen die onderwyser.

Dawid Badenhorst, wat al 15 jaar ’n onderwyser en koshuishoof hier is, sê: “Ek het nou besluit genoeg is genoeg. Die jongste aanrandings was Vrydag en Dinsdag toe dié onderwyser ’n leerling met die vuis geslaan het. Die kinders is bang vir hom. Ek het eers die naweek hiervan gehoor. Ek het al met die hoof gaan praat, maar niks word gedoen nie.

“Ek het Dinsdag in my klas gestaan en gesien hoe dié onderwyser sy vuis deur die deur druk en ’n kind in die gesig slaan. Die kinders het dié deur probeer toedruk, maar hy het die naaste kind met die vuis bygedam.

“Ek het dadelik na die klaskamer gegaan en toe ek daar kom, het dié seun vol bloed op ’n bank gelê. Dié onderwyser was reeds weg. Toe ek die leerling vra wat gebeur het, kon hy nie praat nie.

“Sy klasmaats het vir my gesê dié onderwyser het hom geslaan. Ek het met die hoof gaan praat. Maar daar is nooit iets gedoen nie, want ek glo almal is bang vir hom,” het Badenhorst gesê.

Jan Prinsloo, skoolhoof, het Donderdag by navraag gesê hy dra kennis van dié situasie. Hy sê daar is aanrandingsklagte by die skool, asook by die polisie ingedien, wat ondersoek word.

Hy sê dit is nie die skoolhoof se plig om ’n aanranding op sy skoolterrein by die polisie aan te meld nie. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Badenhorst sê hy het die leerlinge na die polisie geneem om verklarings af te lê, maar hy sê die polisieman het geweier om die kinders te help “omdat hulle nie tyd het nie”.

Badenhorst sê later dié week het dieselfde polisieman hom só gevloek dat hy en die leerlinge daar weg is sonder om ’n klag in te dien.

Hy het hierna dié polisieman by die Onafhanklike Klagtedirektoraat aangekla.

Hy sê op die ou einde is net een leerling se aanrandingsklag by die polisie teen die onderwyser geopen.

Insp. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, het dié voorval bevestig.

Hy sê die stasiekommissaris sal ’n interne ondersoek na dié polisiebeampte se swak gedrag doen.

“Die polisie moet ten alle tye die publiek help as ’n saak geopen moet word.

“Onprofessionele gedrag soos dít word nie geduld nie. As mense soortgelyke probleme met die polisie het, moet hulle die voorval by die stasiekommissaris aanmeld. Badenhorst moet asseblief weer die saak aanmeld.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  onderwys  |  geweld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.