Onderwyser se lyk in bed gevind
2012-12-20 07:21
Johannesburg – 'n Onderwyser se liggaam is Woensdag in sy huis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap gevind.
Die polisiewoordvoerder kapt. Justin Petrus het gesê die 49-jarige
onderwyser se huiswerker het omstreeks 9:00 Woensdagoggend op sy lyk
afgekom waar dit “vol bloed” in sy bed gelê het.
Hy het verskeie
steekwonde opgedoen.
Petrus sê daar is 'n tuinvurk langs die liggaam
gevind.
Hy sê dit is nog nie duidelik hoe die moordenaar toegang tot die
huis verkry het nie.
Petrus sê die oorledene was 'n onderwyser by die
William Oates-skool in Somerset-Oos.
Die polisie ondersoek die
saak.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA