Ondersoekbeampte getuig in Jub Jub-moordverhoor
2011-07-14 11:49
Johannesburg – Moses Sekgapo, ondersoekbeampte, sal na verwagting Donderdagoggend die getuiebank in die Protea-landdroshof inneem wanneer die moordverhoor van die musikant Jub Jub, oftewel Molemo Maarohanye, en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala hervat word.
Raymond Mathenjwa, staatsaanklaer, het Maandag gevra dat die saak tot Donderdag uitgestel word omdat hy eers dan weer beskikbaar is.
Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.
Maarohanya en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.
Dr. James Blair Mwesigwa, forensiese patoloog, het Maandag grafiese besonderhede bekend gemaak oor die oorledenes se beserings.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24